UNDERSTANDING
"NO GRADE"



A guide to the states of condition that can cause a coin to be rejected for NGC certification.
Click Here now to Download the PDF

Login / Register



Currency Converter



Do not include currency symbol

Amount:
From:
To:


Gereelde vrae oor die versameling van skaars munte

english

  1. Waarom in skaars munte belê?
    Anders as ander beleggings, bied skaars munte 'n rekord van prestasie oor 2 500 jaar.
    Die aankoop van skaars munte sal u private rykdom verhoog. Skaars munte is vandag een van die hoogs presterende beleggingskategorieë in die wêreld. Hulle bied aan beleggers hoë opbrengste wat in die meeste gevalle die opbrengste wat uit ander beleggingsmedia soos aandele, ongemunte goud, eiendom en vele ander verkry sou kon word, in die skadu stel. Hierdie is ook die ware wêreldwye beleggings wat te eniger tyd op enige plek in die wêreld verkoop kan word.
  2. Wat is 'n skaars munt?
    'n Skaars munt is 'n munt wat wêreldwyd as 'n rariteit in die land van oorspronklike aanmunting aanvaar word. Ten einde as skaars beskou te word, moes die munt geredelik as 'n geldeenheid aanvaar gewees het, of as geld vanaf die dag dat dit gemunt is, en in baie skaars getalle beskikbaar wees. Van al die verskillende munte in die wêreld styg skaars munte die meeste in waarde. Met dit in gedagte, verseker elke belegger en versamelaar wat die muntmark verstaan dat die grootste deel van kapitaal wat in munte geplaas word, in skaars munte geplaas word.
  3. Wat bepaal die waarde van 'n skaars munt?
    Die belangrikste faktore wat die waarde van 'n skaars munt bepaal is die twee kriteria wat enige mark aandryf, naamlik vraag en aanbod. Ander faktore wat die waarde van 'n skaars munt bepaal is die aantal eksemplare wat beskikbaar is, die kwaliteit en gradering, en enige beroemde persoon of historiese gebeurtenis waarmee die munt verband mag hou.
  4. Affekteer die goudprys die waarde van skaars munte?
    Die goudprys het geen effek hoegenaamd op die waarde van skaars munte nie. Die "Single 9" is Suid-Afrika se skaarsste munt en het 'n geskatte waarde van R40 miljoen, terwyl die waarde van die munt se goudinhoud 'n skamele R240,00 is.
  5. Hoe likied is skaars munte?
    Skaars munte het 'n soortgelyke likiditeit as dié van effektetrusts of aandele. Wanneer 'n skaars munt verkoop word, word dit onder 'n "mandaat" te koop aangebied. Wanneer die munt op ons rekenaar se handelskerm as te koop gelys word, word al die makelaars by South Cape Coins in kennis gestel. Die makelaars kontak hulle kliënte en bied die munt te koop aan totdat dit verkoop is
  6. Hoe lank behoort ek my skaars munte te hou voordat ek hulle verkoop?
    Skaars munte bereik nooit 'n hoogtepunt nie; hulle kan slegs progressief skaarser word met verloop van tyd. Wanneer u 'n munt koop en sien hoedat die prys daarvan oor 'n kort tydperk teenoor die koopprys vermeerder, kan u dit agterna verkoop om te sien hoe die prys van die munt vir etlike jare meer voortgaan om te vermeerder. Daarna sou u voel dat u dwaas was om te verkoop. Die antwoord op hierdie vraag is daarom dat u hulle so lank behoort te hou as wat u kan.
  7. Wie sal my oor my belegging in skaars munte ingelig hou?
    Elke kliënt van South Cape Coins het 'n makelaar wat die opdrag het om u periodiek te kontak, aan u die jongste waarde van u munte te gee en ook ander sake met betrekking tot u munte met u te bespreek. 

english

 
© Copyright South Cape Coins 2007 | Creative Web Solutions by The Crayon Room | South Cape Coins Links